Cantitate/Preț
Produs

Gees Van Die Labrador

Autor Makkie De Beer
Paperback
Die boek bied ligte lees vermaak in Afrikaans, veral aan diegene wat wonder oor die lewe op 'n plaas. Plaasjapies aan die anderkant mag dalk terug gevoer word na hulle eie dae op die plaas en met verlange terugdink aan hulle ervarings en sorgelose tye in die platteland. Die boek is geskoei op 'n meer eenvoudige lewe rondom 'n klein plattelandse dorpie in die Riemland. Wat vroeer bietjie van 'n spotnaam was (amper soos takhaar) is deur baie boere aangeneem as hulle omgewings naam. Is die Riemland in die Oos-Vrystaat dan nie een van die mooiste dele van ons land nie? Die denkbeeldige gemeenskap van Rietfontein, iewers tussen Bethlehem en Frankfort, is 'n plattelandse dorpie waar die storie afspeel. Leer ken 'n klompie boeremense, kyk wat hulle aanvang en proe saam met hulle aan die tradisionele kos en lekkernye wat hulle geniet. Ervaar die die plaaslewe soos net Makkie dit kan vertel. Ons eerste ervaring saam met die "Riemlanders" begin duisende kilometers verder Noord in die Sahara woestyn Wes van Kairo. Twee beroemde aanvoerders het kragte gemeet naby El Alamein. Die bloed van duisende manskappe het diep in die dorre sand van Egipte ingetrek terwyl Montgomery stadig die oorhand begin kry het oor die geslepe Rommel. Die slag was van deurslaggewende belang en het gelei tot die ontrekking van die Duitsers uit Afrika. 'n Strategiese oorwinning, wat ongelukkig diep sielkundige wonde op die oorlewendes nagelaat het. Gedurende die "hel" in die woestyn, was die Riemlanders daar - dag en nag soos die kanonne en bomme wat nooit opgehou het nie. Makkie neem ons tussen hulle tente, deur die loopgrawe en tot by die veld hospitaal van die Rooi Kruis. Die lewens van talle jong mans het in daardie paar dae vir ewig verander. Makkie de Beer skryf uit haar hart uit en het 'n wye ervaring van die lewe en 'n uiteenlopende vriendekring. Haar karakters voel later soos familielede en vriende wat jy bladsy vir bladsy beter leer ken en liefkry. Hulle is nie sonder foute nie en net soos ons gewone mense, probeer hulle om 'n lewe te maak vir hulleself en hulle geliefdes. Ervaar die hartklop van 'n plaas en voel saam met hulle, in hulle menslike pogings om geluk en liefde te vind. Nader aan die grond en midde in die natuur wissel die emosies soos die seisoene - van warm luilekker somersdae tot bittere koue en 'n stryd om oorlewing vir mens en dier."
Citește tot Restrânge

Preț: 6890 lei

Nou

Puncte Express: 103

Preț estimativ în valută:
1319 1371$ 1094£

Carte disponibilă

Livrare economică 17-31 ianuarie 25

Preluare comenzi: 021 569.72.76

Specificații

ISBN-13: 9780987016423
ISBN-10: 0987016423
Pagini: 238
Dimensiuni: 152 x 229 x 13 mm
Greutate: 0.32 kg
Editura: Camelthorn Books